{"id":846,"date":"2026-03-05T05:49:07","date_gmt":"2026-03-05T05:49:07","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/?page_id=846"},"modified":"2026-03-08T06:42:10","modified_gmt":"2026-03-08T06:42:10","slug":"die-hut-van-dawid","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/die-hut-van-dawid\/","title":{"rendered":"Die Hut van Dawid"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"846\" class=\"elementor elementor-846\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f17a2a8 e-con-full e-flex e-con e-parent\" data-id=\"f17a2a8\" data-element_type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a70772b elementor-widget elementor-widget-trad-heading-widget\" data-id=\"a70772b\" data-element_type=\"widget\" data-widget_type=\"trad-heading-widget.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"trad-heading-widget\">\r\n\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"trad-advance-heading-underline\">\r\n\t\t\t\t\t<div class=\"trad_heading_title_under_line\"><\/div>\r\n\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"trad-heading-description\">\r\n\t\t\t\t\t<p>DIE HUT VAN DAWID en die Herstel van Christus se Koninkryk op aarde.<\/p><p>Daar is \u2018n profesie in Amos 9 hieroor.<\/p><p>Die profesie begin met die Here se aankondiging oor die straf en vernietiging van Israel. Hy s\u00ea selfs in Amos 9:8 Kyk, die o\u00eb van die Here HERE [JHWH] is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die HERE.\u00a0<\/p><p>Nou moet ons verstaan dat hierdie uitspraak van die Here in lyn is met sy Verbondsbeloftes wat Hy op baie plekke in die Bybel uitspel \u2013 en ek vra u om spesifiek Dt 28 en Jes 1 te lees waar die Here uitspel hoe Hy sy volk sal se\u00ebn as hulle as volk voor hom wandel en Hom gehoorsaam. Aan die ander kant spel Hy ook die strawwe en vloeke uit wat Hy oor hulle gaan bring as die volk afvallig word en Hom nie met blydskap en vreugde dien nie. En hierdie beloftes van God \u2018n sentrale tema in die Bybel en veral in die profete-boeke. Ons lees dit ook in Rom 1<\/p><p>Nou lees ons in Amos 9 hierdie profesie oor die koninkryk van Israel dat Hy dit van die aardbodem gaan verdelg \u2013 maar nie heeltemal nie.<\/p><p>En dan s\u00ea die profesie in verse 11 en 12:\u00a0 In di\u00e9 dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;\u00a0<\/p><p>:12\u00a0 om in besit te neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek JHWH wat dit doen.<\/p><p>Nou moet ons die teks hier ontleed, want in ons Bybelvertaling lees die teks \u201csodat hulle in besit kan neem \u2026\u201d, maar dit is \u2018n vrye vertaling wat\u00a0 \u2018n misverstand veroorsaak. Die direkte vertaling is soos ek dit hier gegee het. Dit is nie Israel wat die ander volke in besit moes neem nie. Dit is die Hut van Dawid wat die ander volke in besit moes neem. Die Joodse Farise\u00ebrs het dit verkeerd verstaan. Hulle het die fisiese herstel van die koninkryk van Israel verwag \u2013 en die hoofstroom-kerke verstaan dit nog steeds so.<\/p><p>Die Nuwe Testament werp baie duidelike lig op die herstel van die Hut van Dawid, maar ook hier het \u2018n belangrike saak in die slag gebly met die verstaan van die vertaling.<\/p><p>Die Nuwe Testament is oorspronklik in Grieks geskryf \u2013 en om hierdie onderwerp te hanteer, moet ons nader ondersoek instel oor die Griekse woord <em><strong>\u2018ethnos<\/strong><\/em>\u2019, wat in ons Bybel:<\/p><p>\u2022 soms met \u2018volke\u2019 vertaal word;<\/p><p>\u2022 soms net met \u2018volk\u2019;<\/p><p>\u2022 soms met \u2018nasies\u2019; en<\/p><p>\u2022 soms met \u2018heidene\u2019<\/p><p>Die betekenis van die Griekse woord ethnos volgens Strongs se Lexicon G1484:<\/p><p>a race (as of the same habit), that is, a tribe; specifically a foreign (non-Jewish) one (usually by implication pagan): - Gentile\/heathen nation,\/people.<\/p><p>Die korrekte vertaling van \u2018ethnos\u2019 is dus \u2018heidense volke\u2019 (spesifiek nie-Israelitiese volke).<\/p><p>Terloops moet ons ook noem dat die Hebreeuse Ou Testament ook \u2018n term gebruik wat op heidense volke dui. Die woord is Goj (Strongs se Lexicon H1471) Die korrekte vertaling van beide die woorde Goj en ethnos is dus \u201cheidense, nie-Israelitiese volk\/volke\u201d<\/p><p>In die tekste wat ons hier hanteer vertaal ons dus \u2018goj\u2019 en \u2018ethnos\u2019 met \u2018heidense volke\u2019.<\/p><p>2.2 Nou weet ons dat die Jode verwag het dat die Messias die koninkryk van Israel sal herstel. Dit is waarom Jesus se dissipels Hom (eintlik in desperaatheid) net voor sy hemelvaart gevra het:<\/p><p>Hd 1:6,7\u00a0\u2018Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en s\u00ea: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?\u00a0En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Jud\u00e9a en Samar\u00eda en tot aan die uiterste van die aarde.\u2019\u00a0<\/p><p>2.3 Nou is dit belangrik dat ons moet verstaan waarvoor hulle krag moes ontvang \u2013 om wat te doen? \u2013 om Koning Jesus se opdrag in Mt 28:18,19 uit te voer: \u2018En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en ges\u00ea: 'Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die heidense volke, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.\u2019<\/p><p>Die sendingopdrag gaan dus prim\u00ear oor die Koninkryk van Christus \u2013 oor sy Heerskappy oor alle volke.\u00a0En dit is nie net op Israel gerig nie, maar baie uitdruklik ook op die heidense volke.<\/p><p>Dit is ook hoe ons Koning Jesus se vemaning in Mt 6:33 moet verstaan:\u00a0\u2018... soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.\u2019 Ja, ons as mense moet ons aan sy heerskappy onderwerp; en ons moet ook ons huisgesinne aan sy heerskappy onderwerp; maar die belangrikste is dat ons ons volk aan <strong>sy<\/strong> heerskappy moet onderwerp \u2013 en dan ook ander volke moet oproep om hulle aan <strong>sy<\/strong> heerskappy te onderwerp \u2013 sodat sy koninkryk oor die hele w\u00eareld uitgebrei word! Dit is \u2018n dwaling om die sendingopdrag net individualisties te beskou.<\/p><p>Hierdie Skrifbeskouing word dan ook duidelik in \u2018n verskeidenheid Nuwe-Testamentiese tekste:<\/p><p style=\"padding-left: 40px\">\u2022 Mt 21:33-45 (die Gelykenis van die Landbouers). Neem in ag dat Jesus hier met die leiers van die Joodse volk praat \u2013 die Owerpriesters en die Farise\u00ebrs: Luister na \u2018n ander gelykenis: <br \/>Daar was \u2018n sekere huisheer wat \u2018n wingerd geplant het; en hy het \u2018n heining daarom gesit en \u2018n parskuip daarin gegrawe en \u2018n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.\u00a0 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en \u2018n ander een doodgemaak en \u2018n ander een gestenig.\u00a0 Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met di\u00e9 net so gemaak.\u00a0 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en ges\u00ea: Hulle sal my seun ontsien.\u00a0 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar ges\u00ea: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.\u00a0 En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.\u00a0<\/p><p style=\"padding-left: 40px\">Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?\u00a0 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense \u2014 hy sal hulle \u2018n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.\u00a0<br \/>Jesus s\u00ea vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het \u2018n hoeksteen geword. <br \/>Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons o\u00eb?\u00a0<br \/>Daarom s\u00ea Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan heidense volke gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.\u00a0 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, di\u00e9 sal hy vermorsel.\u00a0 En toe die owerpriesters en die Farise\u00ebrs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.\u00a0<\/p><p>Dan lees ons nog \u2018n sleutelteks in Hd 15:13-18 wat handel oor die uitleg van Amos 9 se profesie waar ons gelees het van die herstel van die hut van Dawid.: \u2018En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en s\u00ea: Broeders, luister na my! S\u00edmeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om \u2018n volk uit die heidense volke vir sy Naam aan te neem. <br \/>En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,\u00a0sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die heidense volke oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.\u00a0Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.\u2019<\/p><p>Hy verwys na die profesie hierbo:<\/p><p>Amos 9:11,12\u00a0 \u2018In di\u00e9 dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd; om in besit te kan neem die oorblyfsel van Edom en al die volke oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die HERE wat dit doen.\u2019 (Let op: Die Here profeteer al deur Amos dat sy Naam uitgeroep gaan word oor heidense volke!)<\/p><p>En as die tyd dan aangebreek het herhaal die apostel Jakobus dit: \u201celke heidense volk waaroor sy Naam uitgeroep is\u201d. Kan daar dan enige twyfel wees dat Godvresende nie-Israelitiese volke Verbondsvolke is?<\/p><p>En dan gaan ons na Hd 17:26,27 waar die Here verduidelik waarom Hy die Sataniese plan om \u2018n multukulturele, imperiale stelsel op te rig, verydel het en die volke van mekaar geskei het, as Hy in Hd 17:26,27 s\u00ea: En Hy het uit een bloed al die volke van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;<\/p><p>En dan verduidelik Hy die hele saak in Rom 11 (hier is net \u2018n paar verse - mens moet eintlik ten minste Rom 10 en 11 lees om die hele prentjie te kry). Onthou net dat, waar ons Bybel dit vertaal het met heidene, is die korrekte vertaling: Heidense volke.<\/p><p>:7 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard. <br \/>:8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee \u2018n gees van diepe slaap, o\u00eb om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe. <br \/>:9 En Dawid s\u00ea: Laat hulle tafel vir hulle wees \u2018n vangnet en \u2018n strik en \u2018n struikelblok en \u2018n vergelding. <br \/>:10 Laat hulle o\u00eb duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom. <br \/>:11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidense volke gekom om hulle jaloers te maak. <br \/>:12 En as hulle val die rykdom van die w\u00eareld is en hulle tekort die rykdom van die heidense volke, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! <br \/>:13 Want aan julle heidense volke s\u00ea ek: Vir sover as ek \u2018n apostel van die heidense volke is, verheerlik ek my bediening <br \/>:14 as ek tog maar net my eie volk (\u2018vlees\u2019) jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red! <br \/>15: Want as hulle verwerping die versoening van die w\u00eareld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? <br \/>:16 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook. <br \/>:17 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat \u2018n wilde olyfboom was, onder hulle inge\u00ebnt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, <br \/>:18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. <br \/>:19 Jy sal dan s\u00ea: Die takke is afgebreek, sodat ek inge\u00ebnt kon word. <br \/>:20 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.<\/p><p>Hy verwys ook na die volgende profesie\u00eb:<\/p><p>Jes 49:6\u00a0 \u2018Hy het ges\u00ea: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot \u2018n lig van die volke, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.\u2019\u00a0<\/p><p>Gen 22:18\u00a0 \u2018En in jou nageslag sal al die \u2018heidense volke\u2019 van die aarde gese\u00ebn word, omdat jy na my stem geluister het.\u2019<\/p><p>Ps 117:1\u00a0 \u2018Loof JHWH, alle \u2018heidense volke\u2019! Prys Hom, alle volke!\u2019<\/p><p>Nog tekste: Ps 148:11; Jes 9:6; Eseg 17:22-24; Luk 1:69,70; Mk 11:10<\/p><p>Ps 22:27\u00a0 Die ootmoediges sal eet en versadig word; h\u00falle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!\u00a0<br \/>:28\u00a0 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid. <br \/>:29\u00a0 Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.\u00a0<br \/>:30\u00a0 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.\u00a0<br \/>:31\u00a0 \u2018n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.\u00a0<br \/>:32\u00a0 Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen<\/p><p>1. Dit is duidelik uit hierdie skrifgedeeltes dat ons prim\u00eare doel hier op aarde is om te ywer vir Gods Koninkryk. Ons moet gedurig daarmee besig wees.<\/p><p>Christus se Koninkryk en Heerskappy moet:-<\/p><p>\u2022 Die doel wees van ons daaglikse werk;<\/p><p>\u2022 die basis wees van ons omgang met ons naaste en die vreemdeling (Mt 10:33,34);<\/p><p>\u2022 voorop in ons gedagtes wees in ons gesprekke met vriend en vyand;<\/p><p>\u2022 die hoofdoel wees in ons kinders se opvoeding;<\/p><p>\u2022 die hoofdoel van ons gesin wees;<\/p><p>\u2022 Die hoofdoel van ons volk-wees en ons ywer vir volksherstel \u2013 Ja, knegte van die Allerhoogste, teen die hele w\u00eareld vry.<\/p><p>Daarom moet ons persoonlike lewe, ons gesinslewe en ons volkslewe gerig wees op die eer van God.<\/p><p>Daarom moet ons gehoorsaam wees aan die Bybelse opdragte in ons daaglikse interaksie met ons meerderes en minderes, ons kollegas by die werk en ons gemeentelewe;<\/p><p>Daarom moet die doel van ons ywer vir volksvryheid wees om God daarmee te verheerlik en sy Koninkryk uit te brei. \u200b<\/p>\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE HUT VAN DAWID en die Herstel van Christus se Koninkryk op aarde. Daar is \u2018n profesie in Amos 9 [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"site-sidebar-layout":"no-sidebar","site-content-layout":"","ast-site-content-layout":"full-width-container","site-content-style":"default","site-sidebar-style":"default","ast-global-header-display":"","ast-banner-title-visibility":"","ast-main-header-display":"","ast-hfb-above-header-display":"","ast-hfb-below-header-display":"","ast-hfb-mobile-header-display":"","site-post-title":"","ast-breadcrumbs-content":"","ast-featured-img":"disabled","footer-sml-layout":"","theme-transparent-header-meta":"","adv-header-id-meta":"","stick-header-meta":"","header-above-stick-meta":"","header-main-stick-meta":"","header-below-stick-meta":"","astra-migrate-meta-layouts":"default","ast-page-background-enabled":"default","ast-page-background-meta":{"desktop":{"background-color":"var(--ast-global-color-5)","background-image":"","background-repeat":"repeat","background-position":"center center","background-size":"auto","background-attachment":"scroll","background-type":"","background-media":"","overlay-type":"","overlay-color":"","overlay-opacity":"","overlay-gradient":""},"tablet":{"background-color":"","background-image":"","background-repeat":"repeat","background-position":"center center","background-size":"auto","background-attachment":"scroll","background-type":"","background-media":"","overlay-type":"","overlay-color":"","overlay-opacity":"","overlay-gradient":""},"mobile":{"background-color":"","background-image":"","background-repeat":"repeat","background-position":"center center","background-size":"auto","background-attachment":"scroll","background-type":"","background-media":"","overlay-type":"","overlay-color":"","overlay-opacity":"","overlay-gradient":""}},"ast-content-background-meta":{"desktop":{"background-color":"var(--ast-global-color-4)","background-image":"","background-repeat":"repeat","background-position":"center center","background-size":"auto","background-attachment":"scroll","background-type":"","background-media":"","overlay-type":"","overlay-color":"","overlay-opacity":"","overlay-gradient":""},"tablet":{"background-color":"var(--ast-global-color-4)","background-image":"","background-repeat":"repeat","background-position":"center center","background-size":"auto","background-attachment":"scroll","background-type":"","background-media":"","overlay-type":"","overlay-color":"","overlay-opacity":"","overlay-gradient":""},"mobile":{"background-color":"var(--ast-global-color-4)","background-image":"","background-repeat":"repeat","background-position":"center center","background-size":"auto","background-attachment":"scroll","background-type":"","background-media":"","overlay-type":"","overlay-color":"","overlay-opacity":"","overlay-gradient":""}},"footnotes":""},"class_list":["post-846","page","type-page","status-publish","hentry"],"rttpg_featured_image_url":null,"rttpg_author":{"display_name":"admin","author_link":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/author\/admin\/"},"rttpg_comment":0,"rttpg_category":null,"rttpg_excerpt":"DIE HUT VAN DAWID en die Herstel van Christus se Koninkryk op aarde. Daar is \u2018n profesie in Amos 9 [&hellip;]","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/846","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=846"}],"version-history":[{"count":58,"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/846\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":917,"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/846\/revisions\/917"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boervolkverootmoediging.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=846"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}