Vlaggies volksondes

VOLKSONDES van die Boervolk

  • Materialisme (Mammon):

Vertrou op materiële dinge: besittings, salaris, eie krag of fisiese vermoë (soos gesondheid)

Leef bo jou inkomste: Koop dinge wat jy nie kan bekostig nie: duur vakansie, kar, trekker, huweliksonthale, klere, veral matriekafskeidrok, uiteet, kinderspeelgoed, selfoon,

Emosionele finansiële besluite: ons gaan hou vakansie, of ons gaan eet uit omdat ons finansieel swaarkry.

Die hoë lewenspeil veroorsaak dat mense minder kinders wil hê – dit is ook sonde, want dit is ‘n Bybelse opdrag om kinders te hê en te vermeerder. Minder as drie kinders dra by dat ons volk uitsterf.

Hier moet ons ook die verwaarlosing van ons arm volksgenote noem. Dit is een van die sondes wat die meeste deur die profete en deur Koning Jesus beklemtoon is (Jes 1:14; Mt 25:31-46).

  • Sabbatsontheiliging:

Luister net na hierdie wonderlike belofte van die HERE [JHWH]:

Jes 58:13,14  As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van JHWH hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in JHWH, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van JHWH het dit gespreek.

Sabbatsontheiliging is een van die sondes wat die meeste beklemtoon word in die profeteboeke.

Sondag het ‘n dag van inkopies en vermaak geword; ook ‘n werksdag vir ander.

  • Menseverering :
    • Vertrou op mense, bv ‘n leier, politieke party of burgerregte organisasie, of die regstelsel ens
      • Verering van sporthelde; akteurs; kunstenaars; ryk mense (en ja, mense wat voorgee hulle is ryk)
  • Geloftes:

Ons moet ons volksgeloftes eerbiedig en onderhou. Die geloftes is bindend op ons volk. Dit was die bedoeling. Die verwaarlosing van ‘n gelofte is ‘n ernstige oortreding. Dt_23:21  As jy aan die HERE [JHWH] jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want JHWH jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

  • Verafgoding van die wetenskap, veral die mediese wetenskap: ons bid vir die herstel van ‘n siek mens, maar ná die tyd word net die
    • dokter of die medisyne geprys.
  • Naturalisme (verafgoding van moeder natuur): Dit word ‘n algemene beskouing dat die natuur onafhanklik werk en dat reën en droogte maar net van die natuur afhanklik is. Help ons iemand reg as hy hierdie beskouing uiter? Getuig ons dat God in beheer van die natuur is?
Scroll to Top