'n Volksonde is 'n sonde wat aanvaarbaar geword het in ons volkskultuur.
Die gaan dus nie hier oor persoonlike saligheid nie. Saligheid is 'n persoonlike saak. Dit gaan hier oor etiek. Bybelbegronde volksetiek is bepalend vir ñ Godvererende volkshuishouding. Elke volk is geroepe om ñ Godvererende volkshuishouding op te rig (Mt 21:34-44; Mt 28:19; Hd 15:13-17; Hd 17:26,27; ens)
VOLKSONDES
Wanneer ons in benoudheid tot God roep en 'n gelofte aan Hom doen, geskied Sy deel van die ooreenkoms gewoonlik eerste (vgl. (16/12/1838) Bloedrivier.) Daarna moet streng by ons onderneming gehou word. Hierin skiet ons as volk skandelik tekort. Ons het inderdaad kontrakbreuk gepleeg.

Sou ons die daaglikse gedrag van ons mense wou priotiseer aan die hand van belange, uitspraak ens. kom ons tot die ontstellende besef dat alles draai om die prestasie van eerstens ”die eie EK” en daarnaas die Politiek, Sport, Finansies, Wetenskap, ens. Die arrogante uitdrukking kom spontaan: “Jyself is heer en meester van jou eie leefwêreld,” en het God nie nodig. Die gedagte van die dwaas. Wie is die skepper van die heelal, die maker van die mens, die gewer van asem, die tuiste na die dood? Die lewende God. Dis wie. Maak dit jou alledaagse praatjies in die openbaar. Mattheus 10 : 32/33: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek bely voor my Vader wat in die hemele is. Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor My Vader wat in die hemele is. Gedagtig aan hierdie aanhaling sal elkeen ook moet besluit of hy/sy hierdie gebedsversoeke sal versprei.
Ons volksverlede getuig van vele leiers, sommige verkose, ander sommer self aangestel, wat klaaglik en ten koste ons volk misluk het. Psalm 146:3/4 “Vertrou nie op prinse of die mensekind by wie geen heil is nie. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe. Op daardie dag is dit met sy planne gedaan” Bid tot ons Vader dat Hyself vir die Boervolk ‘n leier sal voorsien.
Ons volk se beskouing van moderne wetenskaplike prestasie kan positief sowel as negatief beoordeel word. Aan die positiewe kant: Toe die eerste hart in die sestigerjare deur prof Chris Barnard, oorgeplant is, was dit die enigste kans op oorlewing in die verband, en dit is wêreldwyd beskou as ‘n wonderwerk. Vandag word die hartvate omlyn of relatief eenvoudig deur stente oopgerek. So kan ons die een na die ander wetenskaplike wonder maar net in die mediese wêreld opnoem. Selfs gelowiges wat bid vir genesing, getuig dikwels ná genesing net van die ‘uitstekende dokter en medisyne’.
Dit lei ook op akademies-wetenskaplike vlak daartoe dat die mens in sommige vakke homself gelyk aan God beskou. Dink maar aan dinge soos bv. kunsmatige intelligensie, manipulering van plante, vervaardiging van brandstof uit steenkool, elektronika, ruimteverkenning ens. (Neil Armstrong verklaar met sy terugkoms vanaf sy bekende maanreis: “Ek was in die heelal en het geen hemel of hel gesien nie”.)
Verder aan die negatiewe kant stuur die wetenskap af op selfvernietiging. Deur die verstommende supersoniese vlugvermoë, deur die splitsing van atome - waardeur kernwapens vervaardig word wat tot uitwissing van totale volke kan lei.
Die mens staan verstom in verwondering oor wetenskaplike prestasie, en die magtige mens prys en verheerlik homself openlik.

Genesis 1: 1,2: “In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2) en die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wereldvloed en die Gees van God het gesweef op die waters.” Hieruit kan ons die logiese afleiding maak dat God spesifiek die planeet Aarde tussen ontelbare hemelliggame uitgekies het vir die mens wat sou kom, en alles op die planeet geskep het om die mens geheel onafhanklik te laat bestaan. Genesis 1: 11 “En God het gesê “Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte vrugte dra waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so. Genesis 1: 24 .“En laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte; vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde.” En dit was so. So is die visse en voëls ook deur God gemaak
Die mens kan dus nie aanspraak maak op enige deel van die skepping nie, aangesien hy eers na al hierdie dinge gemaak is. Genesis 1:27 “en God het die mens geskape na Sy beeld. Na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hul geskape”. God het dus die plante, die diereryk en die seelewe alreeds volmaak onderhou nog voor die mens geskape is. Hy gee die reën vir mens en dier. Hy laat suurstof uit die plant voorkom sodat die natuur kan asemhaal. Hy bring seisoene vir groeityd en ook die beheer van die parasiete op aarde. Hy laat voëls migreer op hul tyd. Hy bring bestuiwing en voortplanting
Die “Big Bang” teorie wat bedink is deur die dwaas is eenmalig en kan dinge soos inteling en beheer oor voortplanting in die natuur nie bestuur nie. Alles op aarde sou eeue gelede alreeds uitgesterf het.
Die opdrag van oorheersing is wel aan die mens (Adam) gegee, (Genesis 1:28) En God het hulle geseën en God het vir hulle gesê: “ wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die diere wat op die aarde kruip.”
Heers vandag oor God se skepping en pas dit op. God sal self sorg vir reën, vir lewe en dood. Die mens bid by die besef van sy volle afhanklikheid van sy Skepper alleen.

Romeine 13:13 “laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap , nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie…..
Te veel alkohol sal uiteindelik lei tot dronkenskap en onverantwoordelikheid, roekeloosheid, seksuele vergrype, humeurigheid ens., wat tot verleentheid by ouers, kinders, vriende en selfs die eggenoot/e lei. Op die lange duur spruit egskeiding en vervreemding en verval van die kinders vanselfsprekend hieruit, wat kan lei tot losbandigheid, dwelm misbruik en uiteindelike misdadigheid. Die alleen ouer word die enigste broodwinner wat kinders op hulself aangewese maak.
Die selfrespek wat matigheid moet verseker, is en bly die verantwoordelikheid van die persoon. By Sy skeppingsorde het God (JHWH) ontspanning en vrolikheid wat spruit uit sukses, weersiens, oorwinning ens. voorsien. Ons bely nie ‘n eng, onverbiddelike liefdelose God nie. By geleentheid het Christus self tydens ‘n bruilof water in wyn verander. Johannes 2:3,9 “en toe daar wyn kortkom sê die moeder van Jesus vir hom: “hulle het geen wyn nie”. 9) __en toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het__en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars het geweet…. God vereis van die mens wat Hy na sy beeld geskape het verantwoordelikheid en respek. Die opvoeding van jou kinders deur voorbeeld sal God van jou hand eis. Bid sonder ophou vir hulle.
Miskien het dit tyd geword dat ons weer kyk na die vereiste wat ons hemelse Vader aan Sy volk stel voordat redding geskied. 2Kronieke 7:14 “en My volk oor wie my Naam uitgeroep is hulle verootmoedig en BID en My aangesig soek en hul bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hul sondes vergewe en hulle land genees.” Let gerus daarop: “ As My volk, dan sal EK”
TV; selfoon; sport. Huisgodsdiens ly daaronder.
Toe die Boervolk ‘n Godvresende volkshuishouding was, het ons Vader ons uitsonderlik geseën – ingevolge Sy verbondsbeloftes. Ons het Evkom, Sasol, Yskor, die spoorweë ens., alles binne ‘n paar jaar tot stand gebring. Al ons ondernemings was van die beste in die wêreld.
In plaas van dankbaarheid en eer aan God (JHWH), het die beskouing dat ons volk die beste is, algemeen geword. Al meer het ons - Geloftevolk - selfgesentreerd geraak.
Let op God se Verbondsbeloftes:
Deuternomium 28: 1,7,8,10. “As jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat Ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde ... Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek, en op sewe paaie vlug voor jou uit. Die Here sal die seën by jou gebied in jou skure en alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die Here jou God jou sal gee ... En die volke van die aarde sal sien dat die naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal jou vrees.
Die Televisie het ons tradisionele erediensbywoning op Sondae, en die verbondsonderrig vir ons kinders, huisgodsdiens, gebedstyd en danksegging aan die etenstafel, oorgeneem.
Huisgodsdiens het ‘n verleentheid geword.
Die Boervolk kry skaam om by kuiergeleenthede oor die verlossings genade van Jesus Christus gesprek te voer.
Die selfoon dien as pornografiese netwerk onder ons jeug.
Ons kinders is oorgegee aan staatskole waar vervreemding van ons Christelik Volkseie geskiedenis hoogste prioriteit is.
Die heidense landsvlag word veral by sportgod geleenthede met trots deur ondersteuners geswaai, en die duiwelse volkslied word met die hand op die hart uit volle bors gesing.
Tot die oggend ure vloei die brandewyn by die braaivleisvure; en Sondag? Te moeg, te lui.
Deuternomium 28: 15, 32, 36,42,49,62. “Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie en Sy insettings wat Ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
32) Jou seuns en jou dogters word aan ‘n ander volk gegee terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.
36) Die Here sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ‘n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.
42) Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.
49) Die Here sal teen jou ‘n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos n arend vlieg ---‘n nasie wie se taal jy nie verstaan nie.
62) En julle sal met min mense oorbly, inplaas dat julle gewees het soos die sterre aan die hemel in menigte; omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God nie.
Klink hierdie dinge vir jou bekend?
Lees asseblief die hele Deuternomium 28, en BID vir jou volk. BID ook dat ons Vader die werk van VEVA sal seën.
Soos die leser wel deeglik sal begryp, is die tema Rasvermenging of verbastering ‘n uiters sensitiewe onderwerp. Die skrywer hanteer dus die leser met groot respek, maar ook die waarheid onomwonde.
Die blanke links-liberale prediker sal swart broederskap as “naasteliefde” omarm, terwyl die regs-konserwatiewe prediker sal praat van “medemens” m a w ‘n medebewoner van die planeet Aarde. Verskeie argumente het oor baie jare se bittere twis in die wêreld politieke asook godsdienstige veld uitgewoed, meestal gebore uit onkunde.
In Gen 10 leer ons hoe die Here die verskillende volke laat ontstaan het. In Gen 11 lees ons van die Toring van Babel en die duiwelse plan om al die volke te verenig in ‘n imperiale ryk – en hoe die Here die plan verydel het en weer die volke verdeel het. In Hd 17:26,27 leer ons waarom Hy die volkereverskeidenheid geskep het en grense tussen hulle gestel het: sodat ons Hom in volksverband moet soek en dien. Ons leer dat een van die grense verskillende tale is. Ons sien ook dat Hy verskillende rasse verordineer het en hulle op verskillende vastelande geplaas het. Dit moes as grense dien. Dwarsdeur die geskiedenis (die Bybelse geskiedenis en ook die latere geskiedenis) sien ons dat die duiwel aanhou probeer om hierdie volkereverskeidenheid met imperiale ryke te vernietig. Ons lees ook in Openbaring dat hy met hierdie duiwelse plan gaan volhard tot aan die einde van hierdie bedeling. Die Bybel noem dan ook hierdie duiwelse eindpoging weer Babilon.
Die sendingopdrag in Mt 28:19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die volke, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Elke volk is dus geroepe om God te soek en aan Christus se heerskappy te onderwerp.
In Hd 15:17 lees ons ook dat al die volke die Here moet soek – al die volke waaroor sy Naam uitgeroep is. Dit is dus baie duidelik dat ons geroepe is om God in volksverband te soek en te verheerlik.
Volke moet dien as behoueringsisteme wat die Christendom moet koester. Vóór die besmetting met Individualisme en Liberalisme het alle gelowiges die Bybel so verstaan. Dit is dan ook juis die rede vir die duiwelse agenda van rasse-integrasie. Dit is ons Bybelse opdrag om dit te bestry.
Tot die onlangse verlede het Westerse beskawings hoofsaaklik uit blankes bestaan. Op arbeidsvlak was daar nie massas swart arbeiders beskikbaar in bv. Europa nie - wat Suid Afrika se rassesituasie uniek maak met die naasbestaan van groot fisiese-, psigiese- en kulturele verskille, gewoontes, denkwyses, oortuigings ens.
Ons het lui en gemaksugtig geword. (daar is mos ʼn arbeider wat die pik en graaf werk kan doen, my bed kan opmaak, kan kos kook, die vloere kan was, die trekker kan dryf, sorg vir die diere ens). Hulle is betaal vir hul arbeid; heeltemal tereg, maar wie betaal nou die prys?
Rasse-integrasie is deur die media gepropageer en deur die Liberale predikante ondersteun en uiteindelik op ons afgedwing. Die Boervolk, en ja, alle Suid-Afrikaners het ‘n enorme prys betaal. Die wet wat gemengde huwelike verbied het, is afgeskaf, so ook eie skole, eie woonbuurte, eie kerke; selfs selfs eie identiteit. Ons gemaksug het ‘n beduidende rol gespeel in die ja/nee referendum waar ons vryheid weggeteken is. Diegene wat fisies weerstand gebied het' is deur eie regering gearresteer en deur die stemvee veroordeel. ‘n Skynheilige volkslied waartydens elkeen sy eie god besing. “n Khosi sikilele I Afrika” word deur heiden, Moslem, katoliek en kommunis saam besing.
Bid vir jou gesin, bid vir jou volk, bid vir die opkomende geslagte, bid vir vergifnis vir ons volk, bid ook vir asb VEVA.
Dobbelary: As die mens die geluksgod beproef, wat hoogs verslawend kan wees, en dobbelhole en casinos op gereelde basis besoek, dobbel jy inderdaad met die lewens van jou gesin deur misbruik te maak van die inkomste wat hul lewensgehalte bepaal. Mense wat selfs hul eiendom soos meubels ens. verkwansel vir dobbelgeld, is algemeen. Dobbelary in welke vorm ookal, selfs die gesogte lotto te speel, is ‘n gruwel waartoe selfs ons kinders aangemoedig word. Jy speel met hul geestelike lewens. Jesaja 65:11,12 “Maar julle wat die Here verlaat, wat My heilige berg vergeet, wat ‘n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die geluk van die noodlot 12) Ek sal julle bestem vir die swaard en julle sal buig om geslag te word”……..
2. Hoerery en Owerspel: lê sekerlik die mees algemene basis vir misdadigheid soos aanranding, leuens, bedrog, diefstal en selfs moord, waardeur die skuldige hom/haarself gedurig moet verontskuldig en beskerm. Owerspel veral, skeur gelukkige gesinne uitmekaar 1 Korintiërs 5: 9,10 …….om nie met hoereerders te vermeng nie 10) dit wil sê nie die hoereerders van hierdie wêreld nie…….. 1 Korintiërs 6:10 “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbreukers of wellustelinge of sodomiete sal die koninkryk van God ingaan nie”
3. Aborsie: Buitehuwelikse swangerskappe lei tot die gruwel van aborsie. “n Godgegewe ongebore kind se moord verydel die Goddelike vooruitsig vir ‘n welgeskape mens.
Laat ons hierdie week ernstig bid vir die gruwels wat nou wettig gemaak is deur die heidense goddelose liberale wêreld waarin ons kinders moet groei tot volwasseheid.

