ONS VOLK HET LOU EN AFVALLIG GERAAK VAN ONS HEMELSE VADER. DAAROM IS ONS VOLK NOU UITGELEWER AAN ONS SONDIGE TOESTAND (DT 28; ROM 1).

Ons Verhouding met God

Individuele verootmoediging is belangrik – en ook noodsaaklik - vir volksverootmoediging. Maar hierdie oproep gaan spesifiek oor volksverootmoediging. 2 Kron 7:14 [as] my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. As die Bybel hier praat van 'My volk', is dit in die Nuwe Testament van toepassing op elke volk waaroor sy Naam uitgeroep is (Hd 15:17)

Verhouding met die Here as volk

Die Ou Testament handel nie net met die individue se verhouding met God nie. Daar word baie klem gelê op Israel se verhouding met Hom (en later ook Juda se verhouding met Hom) Het dit verander in die Nuwe Testament? Kom ons kyk daarna:

DIE HUT VAN DAWID

Wat is 'n volk

'Volk' is 'n etniese groep mense met 'n gemeenskaplike afstamming, geskiedenis en kultuur. Ook in Duits en Nederlands is dit 'volk' en in die ander Dietse tale is dit 'folk'. Die Enelse woord 'folk' is ook hieraan verwant, maar die betekenis is meer 'familie'. In Engels het 'nation' tot onlangs dieselfde beteken as 'volk, maar met 'n doelbewuste semantiese agenda is die betekenis verander na 'burgery' van 'n land. Die doelbewuste gevolg is dat Engels nie meer 'n woord het vir 'volk' nie - en gebruik nou maar die woord 'people'.

Scroll to Top