Agtergrond:

    • Bybelse Basis:

“Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My as ‘n offerhuis verkies.  As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.” (2Kron 7:13-15)

  • Die almag van God: Dit beteken dat die Here alles en almal beheer. Hy bepaal die lotgevalle van volke, heersers en mense – tot in die fynste besonderhede. Hy kan ons volk weer vryheid gee op die presiese oomblik wat Hy daarvoor bepaal het – en niemand kan Hom keer nie (Jes 14:27; 40:21-26; 46:8-10; Dan 4:35; Open 3:7; Job 34:14-19;)

 

  • Ons volk is ‘n Verbondsvolk van God. Elke volk wat aan Christus se gesag onderwerp, is ‘n Verbondsvolk (Mt 21:33-43; 28:19; Hd 15:13-17; Rom 11:7-20 (LET OP: Hier word nie gepraat van individue nie maar van heidense volke.)

Scroll to Top