• Jes 6:8:” Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.”

  • Bring bymekaar wie uit innerlike oortuiging bymekaar hoort. Ons het ‘n Beginselgrondslag opgestel volgens ons volk se tradisionele Skrifbeskouing en Lewensbeskouing. Rondom hierdie grondslag versamel ons as besorgde volksgenote om die boodskap na ons volk te neem – ook as God se waarskuwing aan ons volk.

  • VEVA lede aanvaar hiermee verantwoordelikheid om hierdie boodskap te versprei:

    • Dat ons ‘n Verbondsvolk is;

    • Ons volk se historiese basis;

    • Dat ons persoonlik; as gesinne; en as volk voor ons hemelse Vader moet verootmoedig;

    • Dat verootmoediging berou en bekering behels;

    • En om die volk bewus te maak van die Here se Verbondsbeloftes;

‘n Godvererende volkshuishouding.
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry – ook as ‘n voorbeeld vir ander volke; en tot uitbreiding van die Koninkryk van Christus = let ook op VEVA se onderneming.

Scroll to Top